Werksboekie - Vorms {8x}

’n Volkleur werksboekie propvol aktiwiteite, spesiaal ontwerp is met 'n kindervriendelike tema vir 3-5 jarige kleuters met die doel om skoolgereedheidsvaardighede op ‘n pret en speel manier te ontwikkel.
R50,00

'n Vorm boekie met 8 vorms (sirkel, driehoek, vierkant, reghoek, ovaal, hart, diamant, ster). Elke vorm kan afsonderlik behandel word en dan vorm dit saam 'n groot vorm boekie.

Ingesluit in elke vorm boekie stel is:

  • Voorblad van die vorm wat behandel word
  • Vorm om te skryf, in te kleur en teken
  • Vorm om met pom-poms te pak
  • Vorm ryg patroon
  • Vorm om te versier
  • Vorm om op stippellyne te teken
  • Vorm speelklei matjie
  • Vorm legkaart

Ook ingesluit:

  • Flitskaarte van al 8 vorms
  • Skaduwee speletjie
  • Geheue speletjie

81 drukbare bladsye