Sorry - this product is no longer available

Speelklei Matjies - A-Z - Kleinletters - Swart en Wit

R22,00

Speelklei Voordele!

Speel met speelklei en oneindige voordele. Om dit te druk, rol, steek, slangetjies te maak ens. ontwikkel jou kleinding se fyn motoriese vaardighede en versterk hul spiertjies. Hierdie vaardighede het hoofsaaklik 'n effek op skryf vaardighede. Dit verbeter koördinasie. Dit bevorder kreatiwiteit en verbeelding idees.

INSTRUKSIES:

Druk die bladsye op karton en lamineer. Laat jou kleinding die speelklei vorm op die matjie se prentjie/vorm/letter/getal ens.

1 kop meel + 1 kop water
½ kop sout
2 eetl cream of tartar/kremetart + 1 eetl olie

1. Meng al die bestanddele goed in ‘n pot.
2. Kook op medium hitte en hou aan roer vir 3-5 min. Deeg sal styf word en ‘n bal vorm.
3. Haal van die stoof af en koel 5 min lank af. 4. Knie vir ‘n paar minute en gooi blinkers en confetti by.
5. Bêre in ‘n zip-lock sakkie of lugdigte bak.